"Laat u koninkryk in en deur ons gemeente kom"
1. DOOPVORM
Doopprosedure:
1.1 Indien jy graag 'n baba wil doop moet jy eers seker maak dat beide doopouers se
lidmaatskapbewyse by ons gemeente is. Ons kan nie iemand wat nog lidmaat is by 'n
ander gemeente doop of se baba doop nie.
1.2 By die kerkkantoor is ook 'n Bybelstudieboekie wat julle moet kry en saam deurwerk
voordat julle die predikant sien.
1.3 'n Afspraak moet met die predikant gemaak word vir 'n doopgesprek
1.4 Ons doopdatum is die eerste Sondag van elke maand. Reël vroegtydig indien julle
dalk op 'n ander datum sou wou doop.
2. NUWE INTREKKERVORM
As jy 'n nuwe intrekker is of wil inskakel by ons gemeente, vul asb. hierdie vorm in. Ons sal jou so gou as moontlik kontak en een van die leraars sal ook 'n besoek bring aan huis.
3. DEBIETORDERVORM
Indien jy dalk 'n Debietorder vorm wil invul waar jou dankoffer elke maand automaties inbetaal word in die kerk se rekening.
4. INTERNETOORBETALING
Indien jy jou dankoffer elke maand of op 'n gereelde basis, self per internet oorbetaal, sal ons graag daarvan wil weet. Vul dan asb. hierdie vorm in.
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.