"Laat u koninkryk in en deur ons gemeente kom"
Aksie Getroudes is soos die naam aandui, 'n aksie vir getroudes in ons gemeente. Meestal jong getroudes tot so rondom 40 jaar oud, met kinders op skool. Die aksie se doelwitte kan soos volg opgesom word:
• Om Jesus as hoof van ons gesin te eer.
• Om saam geestelik te groei.
• Om die huwelik as instelling van God te eerbiedig.
• Onderlinge onderskraging en meelewing.
• Gesprekke oor ouerskap en opvoeding.
• Om vriendskapsbande met mede gelowiges te bou.
• Om deur ons optredes ‘n positiewe beeld van die kerk
uit te straal.
• Om betrokke te wees by welsynprojekte en daardeur
die Here te verheerlik.
• Om die talle uitdagings van Christenwees, veral in die
huwelik, te oorkom.
• Om oor aktuele sake te gesels met die Bybel as riglyn.
• Om sosiaal saam met mede gelowiges te kuier.
Die Aksie hou ook gereeld elke jaar 'n kamp in die omgewing wat gewoonlik 'n geestelike element bevat maar ook baie pret en plesier behels.
Johan en Florny Swart
0169824065
Bennie en Cathy du Plessis
0823788695
Elke tweede Donderdag (1ste en derde Donderdag van die maand)
Vir die res van die jaar, lei ds Eon die byeenkomste rondom die Koningstydperk in die Bybel. Ons neeem die verhale van die Konings en maak dit van toepassing in ons eie situasie.
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.