SILWERJARE

Die Silwerjare is ons gemeente se aksie vir ons Senior lidmate. Die lidmate wat 70 jaar en ouer is. Hierdie is 'n baie aangename klomp mense saam. Hulle vergader elke derde Woensdag van die maand om gesellig saam te kuier, interessante dinge saam te doen en om lekker saam te eet.
Hierdie jaar is ds. Tiaan saam met die Silwerjare-aksie.

AKSIE -50

Aksie - 50 bestaan uit afgetrede lidmate van ons kerk, ouer as 50 jaar.

Wat is ons doel?
• Ons doel is om die Here te dien deur lofprysing en aanbidding.
• Om geestelik te groei deur Bybelstudie en Geestelike gesprekke.
• Om mekaar te ondersteun in tye van nood en siekte.
  • Om diensbaar te wees in ons gemeente en die gemeenskap van Vanderbijlpark.
  • Om gesonde ontspanning deur uitstappies en gesamentlike etes te ervaar.

Wat doen ons?
1. Ons vergader weekliks op Woensdae by die kerk vir, samesang, Bybelstudie en aanbidding.
  Vir die laaste Woensdag van elke maand reël ons ʼn ander aktiwiteit soos ʼn uitstappie na ʼn besienswaardige plek, ons eet uit, of
  reel ʼn bring en braai by die kerk.
 
2. Die drie leraars maak beurte en behandel spesifieke Bybelboeke of ʼn aktuele saak.
 
3. Ons neem deel aan die kospakkie projek deur die aankope van kos, opmaak en uitdeel van die pakkies aan behoeftige gesinne.

NUKLEUS AKSIE

Die Nukleus Aksie is ons gemeente se jongste aksie. Die Aksie is in 2009 gestig. Die Aksie bestaan uit persone wat hulself tussen die Aksie Getroudes en die Aksie 50+ bevind. Dit beteken 'n ouderdomsgroep van so tussen 35 en 65. Die naam van die Aksie is ontleed aan 'n nukleus, wat ook 'n kern beteken. Die kern van 'n sel word byvoorbeeld die nukleus genoem. Daarmee wil die Aksie sê dat hulle hulself met die kernskae aangaande hulle leef- en geloofswêreld wil besig hou. Die Aksie se programme wissel van Bybelstudie, praatjies, dvd kyk en bespreek, ens. Hulle is ook betrokke by die basaar die jaar deurdat hulle verantwoordelik was vir die Chips. Die Aksie het ook gaan kamp by die Parys hierdie jaar.

AKSIE GETROUDES

Aksie Getroudes is soos die naam aandui, 'n aksie vir getroudes in ons gemeente. Meestal jong getroudes tot so rondom 40 jaar oud, met kinders op skool. Die aksie se doelwitte kan soos volg opgesom word:
• Om Jesus as hoof van ons gesin te eer.
• Om saam geestelik te groei.
• Om die huwelik as instelling van God te eerbiedig.
• Onderlinge onderskraging en meelewing.
• Gesprekke oor ouerskap en opvoeding.
• Om vriendskapsbande met mede gelowiges te bou.
• Om deur ons optredes ‘n positiewe beeld van die kerk
  uit te straal.
• Om betrokke te wees by welsynprojekte en daardeur
  die Here te verheerlik.
• Om die talle uitdagings van Christenwees, veral in die
  huwelik, te oorkom.
• Om oor aktuele sake te gesels met die Bybel as riglyn.
• Om sosiaal saam met mede gelowiges te kuier.

Die Aksie hou ook gereeld elke jaar 'n kamp in die omgewing wat gewoonlik 'n geestelike element bevat maar ook baie pret en plesier behels.

AKSIE 50 Program vir 2011 word opgestel en sal eersdaags beskikbaar wees