"Laat u koninkryk in en deur ons gemeente kom"
Bybelskool
In 2010 het ons, ons eerste Bybelskool module aangebied wat 86 lidmate suksesvol bygewoon het. Module 2 van die kursus gaan aangebied word in 2011 sodra dit gereed is. Die gereedheid daarvan is egter in die hande van die Universiteit van Pretoria wat die lesings en die werkboek saamstel. Die belofte was dat dit vroeg in 2011 gereed behoort te wees. Die tweede module handel oor die tydperk vanaf die uittog uit Egipte tot net voor die eerste koning, naamlik Saul. Dit word ook genoem die pre-monargale tydperk. Ongeveer 1250 tot 1000vC. Module 3 handel dan weer oor ‘n gedeelte uit die Nuwe Testament. Sodra die module gereed is, sal dit dadelik aangebied word. Om die 2de module te kan doen moet mens egter eers die 1ste module gedoen het.
Heelwat mense het aangedui dat hulle ook graag die 1 ste module wil doen. Om verskeie redes kon hulle dit nie die vorige keer doen nie. Ek sal binnekort ‘n lys beskikbaar stel waarop mense hulle name kan plaas, sodat ons die belangstelling kan toets. Andersins stuur gerus ‘n sms of ‘n e-pos wat bevestig dat jy graag module 1 wil doen.
‘n Beter verstaan en hantering van die Bybel lei uiteindelik tot ‘n beter en oorvloediger verhouding met God.
Eon Coetzee
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.