hoërskool jeug

Ons gemeente is een van die min gemeentes wat so bevoorreg is om 'n jeugkerkraad te hê. Ons het 'n nuwe jeugkerkraad verkies van 16 lede wat op Sondag, 1 Augustus 2010 aan ons gemeente voorgestel is. Die jeugkerkraad het verskeie take wat hulle verrig byvoorbeeld kollekte opneem by jeugdienste, hulp by die kindernaweek en basaar, bemarking van jeugaksies en nog vele meer.

Op Saterdagoggend, 29 Januarie 2011 het ons die Jeugkerkraad op 'n uitstappie na Suikerbosrand toe geneem. Ons het die staproete van 4,5 km aangedurf waarna ons heerlik gebraai het en worsbroodjies geeet het.

Ons het 'n selgroep vir die jeugkerkraad op Woensdae aande om 18:00 waartydens hulle geestelik toegerus word. Die ideaal is om hulle toe te rus ten einde ander kinders ook na die Here toe te kan lei.

Verder het ons ook Vrydae aande koffiekroeg van 19:00 - 22:00 by die Jeughuis (Handelstraat 7). Die hoofgedagte met die koffiekroeg is om vir die kinders 'n veilige plek te skep waar hulle lekker kan kuier en saam meer oor die Here kan leer. Ons kyk elke week 'n dvd van Rob Bell (Nooma reeks) wat bestaan uit 'n kort maar kragtige geestelike boodskap waarna die kinders geleentheid kry om die onderwerp te bespreek. Daarna is dit tyd vir gebed en dis ongelooflik om te sien hoe die kinders vir mekaar en vir ander jongmense bid. Die res van die aand word daar lekker gekuier en speletjies gespeel. Ek wil sommer van die geleentheid gebruik maak om alle hoërskool leerders uit te nooi om Vrydae aande saam met ons te kom kuier.

e