KOSPAKKIE PROJEK

SPESIFIEKE BEHOEFTES

 Babaklere

  Kinderklere
Bruikbare Skoene
 alle nommers
Kombuisware
Hangkaste
Yskaste

1. ONTSTAAN VAN DIE PROJEK

Gedurende 2004 het ʼn gemeente in Vanderbijlpark ons gemeente genader om hulp te verleen aan behoeftige gesinne binne hulle gemeente. Hulle was nie meer in staat om die omvang van nood binne hulle gemeente grense te hanteer nie. ʼn Groot deel binne hierdie gemeente grense bestaan uit gesinne wat in sub-ekonomiese behuising bly. Baie van hierdie gesinne is bejaard en sommige onbevoeg om enige werk te doen.
Op daardie stadium het ons gemeente alimentasie gevalle behartig en was betrokke by ander welsynorganisasies. Dit het toe verder uitgebrei en so is die kospakkie projek gestig. ʼn Taakgroep is gevorm en so het die kospakkie projek tot stand gekom.
Gesinne wat by ons gemeente kospakkies ontvang, word aangemoedig om by hulle eie gemeentes in te skakel en eredienste by te woon.
 
2. GEBIED WAARUIT MENSE KOM EN AANSOEK DOEN VIR KOSPAKKIES
2.1. Vanderbijlpark
Met verloop van tyd, het dit bekend geword dat ons gemeente kospakkies aan behoeftige gesinne gee. Van oral uit ons dorp, het mense opgedaag vir kos. Omdat die Here ons die opdrag gegee het om die armes te versorg, het ons niemand weggewys wat aansoek gedoen het nie. Ons het egter agtergekom dat sommige van die mense die kos verkoop om drank en sigarette te koop en is beheermaatreëls ingestel. Heelwat kansvatters het nie weer die volgende maand opgedaag nie. Met verloop van tyd het getalle weer toegeneem.
 
2.2. Hoërskool:
Een van die Hoërskole in Vanderbijlpark het ons gemeente genader vir voedselhulp. Die betrokke skool het self ook ʼn voedingskema met die naam “Liefde In Aksie”. Die gebiede waaruit hierdie skool se kinders kom is ook hoofsaaklik uit die armer dele van die dorp en uit omliggende plotte.
Een van die Onderwysers koördineer die projek by die skool. Vir hierdie skool word vir 22 gesinne die standaard kospakkie aangekoop. By die skool word dit dan saam met hulle ingesamelde voorrade in pakkies opgemaak en aan ongeveer 70 gesinne een keer per maand uitgedeel.

2.3. Laerskole:
Eerste laerskool:
Ons gemeente se vroue het die nood by een van die laerskole raakgesien. Hulle gee elke dag aan geïdentifiseerde kinders toebroodjies, ʼn vrug, sop óf melk. Vir sommige van hierdie kinders, is dit die enigste voedsel wat hulle vir die dag kry. Kinders wat vir die projek kwalifiseer word deur die personeel geïdentifiseer. Voor elke skool vakansie word ʼn kospakkie aan die ouers van hierdie kinders gegee sodat hulle gedurende die vakansie iets het om te eet.

Tweede laerskool:
By hierdie laerskool kook twee van die skool se ouers daagliks kos en gee vir geïdentifiseerde kinders ʼn bord warm kos. Vir hierdie skool koop ons maandeliks kruideniersware aan vir hul projek.

3. PROSEDURE MET UITDEEL VAN KOSPAKKIES
3.1. Al die kandidate wat opdaag vir ʼn kospakkie word by die parkeerterrein se hek gemonitor. Hul name word op ʼn kontrolestaat afgemerk. Nuwe kandidate word toegelaat, maar gewaarsku dat hulle alleen ʼn pakkie sal kry indien hulle aan sekere vereistes voldoen. Bestaande kandidate ontvang ʼn nommer wat op wit papier gedruk is. Nuwe kandidate ontvang blou nommers.

3.2. Ds. Rudolph hou onderhoude met alle nuwe kandidate. Indien dit blyk dat hulle kwalifiseer vir ʼn kospakkie, ontvang hulle ʼn stel dokumente wat deur hulle gemeente se Leraar, Pastoor of Geestelike leier voltooi moet word. Hierdie dokumente moet binne twee weke by ons kerkkantoor ingehandig word met hulle leraar se aanbeveling. Hierdie kandidate word voor die volgende kospakkie dag deur Ds. Rudolph aan huis besoek, waarna ʼn finale aanbeveling gemaak word of hulle kwalifiseer of nie.

3.3. Elke persoon wat by die terrein ingelaat is, ontvang toebroodjies en mag klere by die klere bank uitsoek.

3.4. Onderhoude word met al die bestaande kandidate gevoer en volledig verslag aangeteken van algemene indrukke van die persoon en gesin. Ander behoeftes wat waargeneem word, word aangeteken en aan die gemeente bekendgestel vir moontlike skenkings.

3.5. Volgehoue rookgewoontes en drank misbruik kan daartoe lei dat kospakkies gestaak word.

3.6. Kandidate word aangemoedig om eie groentetuine aan te plant sodat hulle selfvoorsienend kan word.

3.7. Omdat die selfbeeld van die meeste mense in hul posisie baie swak is, word hulle bemoedig en die versekering gegee dat die Here steeds vir hulle lief is en dat hulle nie moet moed opgee nie. By sommige ontstaan die behoefte om vir hulle te bid.

3.8. Kandidate wat nie oor vervoer beskik nie, se pakkies word by hulle huise afgelewer. Onderhoud net soos by die kerk word met hulle by die huis gevoer.

4. NOODPAKKIES GEDURENDE DIE MAAND
Gedurende die maand kom behoeftiges by die kerk vra vir voedsel. Die personeel in die Kerkkantoor en die Faktotum is opgelei om hierdie gevalle te hanteer. Indien hulle kwalifiseer, word ʼn noodpakkie uitgereik en die dokumentasie aan die Voorsitter van die Taakgroep oorhandig. Indien ʼn leraar nie beskikbaar is nie, word die gesin by die huis besoek.

5. AANKOPE EN VERPAKKING
ʼn Rekenaarprogram word gebruik om die voorrade te bereken vir die getal kospakkies wat nodig is.

5.1. Emmer projek:
In die ingangslokaal van die Kerk is plastiese emmers en ʼn lys van produkte wat in die kospakkie geplaas word. Gemeentelede neem die emmers en koop die produkte wat op ʼn lys is aan en besorg dan die vol emmer weer terug by die kerk. Hierdie voorraad word saam met die voorrade wat die vorige maand oorgebly het in ʼn stoorkamer geberg.

5.2. Aankope
ʼn Week voor die pakkies uitgedeel word, word voorraad geneem. Die voorraad word in die rekenaarprogram gevoer en ʼn nuwe aankooplys word gedruk.
Aankope geskied op die Maandag voordat dit op die Woensdag uitgedeel word.

5.3. Verpakking van pakkies.
Die nodige getal kartondose vir die drie verskillende verpakkings, word in die saal voorberei terwyl die aankope gedoen word. Die voorraad uit die stoorkamer word saam met die aangekoopte voorraad op tafels in die saal uitgepak vanwaar dit in die houers verpak word.

6. Geestelike bediening
Dit is strewe dat elke persoon en gesin wat ʼn kospakkie ontvang ook geestelik bedien word. Die Here stuur hierdie “swaarkry” mense na ons gemeente, nie net om ʼn kospakkie te ontvang nie maar om met die boodskap van verlossing bedien te word.
Daarom word kandidate aangemoedig om op kospakkiedae reeds om 09:00 in die saal te wees. Ds. Rudolph gesels met die groep en bring ʼn boodskap uit die Bybel van redding, hoop en bemoediging.

Almal wat ʼn kospakkie onvang word versoek om by hulle eie gemeente in te skakel en daar betrokke te raak.
Elke gesin ontvang ʼn kerkbesoek kaart wat deur die leraar voltooi moet word waar hulle ʼn erediens bywoon. Die leraar se naam en telefoonnommer moet op die kaart aangetoon word. Dit word van gesinne verwag om minstens twee eredienste per maand by te woon.

Ds. Rudolph en Stephen doen huisbesoek by alle verdagte aansoeke, om die spesifieke behoeftes te bepaal en om die algemene omstandighede by die huis waar te neem. Hulle evalueer die aansoek en maak ʼn finale aanbeveling of hulle kwalifiseer vir ʼn kospakkie al dan nie.

Marlie, Ds. Rudolph du Plooy se eggenoot, behartig ʼn program met dames vir voorkoming van ongewensde swangerskappe.

INDIEN JY BY DIE KOSPAKKIE- PROJEK BETROKKE WIL RAAK, KONTAK VIR:

Ds. Rudolph du Plooy

082 419 5441
016 932 3877

Stephen Grant
083 262 2709
016 932 3231

Philly du Plooy
083 604 0220
016 981 5708

128_2851

Vroeg oggend daag Kospakkiemense op vir hul pakkie

WAARBY JY BETROKKE KAN RAAK

1. Maandelikse aankope
2. Verpakking van
  kospakkies
3. Onderhoude met
  Kandidate
4. Uitdeel van kospakkies
5. Aflewering van
  kospakkies
6. Deurwerk van verslae om
  spesifieke behoeftes aan
  te teken
7. Instandhouding van
  Rekenaarprogram
8. Verversings tydens uitdeel
  dae
9. Hulp met uideel van klere
  tydens uitdeel dae
10. Huisbesoek by Kandidate
11. Emmer Projek
12. Klere skenkings
13. Voorbidding
14 Donasies:
  * Finansieel
  * Kruideniersware
  * Klere (Veral vir kinders)
  * Komberse
  * Skoene
  * Gordyne
  * Kombuisware
  * Enige meubelment
 
 

128_2853

Woordverkon- diging in die Kerk

128_2854

Woordverkon- diging in die Saal

128_2867

Indien u n finansiële bydrae wil maak vir die Kospakkie Projek, kan u op die gepaste vorm hieronder klik en dit voltooi.

Stuur die voltooide vorm dan Elektronies na die Kerkkantoor.

Baie dankie vir u bydrae, dit sal n verskil maak aan iemand se lewe

Onderhoude word met elkeen gevoer

IMG_9027__1282720711_41.145.29.56[1]

Vir elkeen wat opdaag word n broodjie en iets om te drink voorberei

IMG_9006__1282674921_41.145.25.119[1]

Pakkies gereed vir uitdeel

128_2873

Met toestemming, word hierdie twee gesinne se foto vertoon

128_2890

Die Bussie vervoer mense huistoe wat nie oor vervoer beskik nie.