GESELS MET ONS

Los gerus vir ons 'n boodskap of 'n opmerking. Kliek eers op die woorde "Add a Comment". 'n Volgende venster sal verskyn waar jy jou naam en e-mail adres moet intik en dan jou boodskap in die "message" venster. Sodra jy klaar is, kliek net op "submit".
  Ons wil graag van jou hoor!

Opmerkings/ Boodskappe

  1. Hi julle almal, ek hoop almal het 'n wonderlike kerstyd gehad en mag 2012 vir elkeen van ons 'n jaar van voorspoed en geluk bring.

    Ek wil graag uitvind of daar mense in die gemeente is by wie ek kan losseer, in 'n veilige omgewing, my eie badkamer en kamer teen 'n huurtarief van R1700-R2500 per maand, etes+water en elektrisiteit ingesluit.
    Etes oor naweke is nie nodig nie aangesien ek oor naweke baie keer uitstedig sal wees.

    Ek wil ook graag meer uitvind oor die jeug in julle gemeente, ek is 'n ongetroude jong volwasse man, 26 jaar oud, wat graag meer vriende wil maak van my portuur.
    Ek kyk spesifiek na die portuurgroep 24-28 jaar oud.

    Ek hoor graag van julle.

    Dankie.

    WK Delport
    0722644912

    (Posted on 2012-01-07 17:36:00 by WK Delport)
  2. Baie danie aan al die gemeentelede vir hulle mooi wense vir 2012. 'n Uitsonderlike groep mense wat nog mekaar se belange op die hart dra. Die ondersteuning in verlede jaar word opreg waardeer. Hierdie is die eerste probeerslag & ek weet nie of ek nou weer alles deur merkaar krap nie. Aan elkeen mag 2012 'n geseënde reis saam met God wees met baie drome wat Hy vir ons beplan.

    (Posted on 2012-01-05 06:53:00 by Joey)
  3. Dankie aan die Nukleus groep vir vannaand se Padkafe! Wow ek hoef nie kos te maak nie en ek is SOOOO lus vir julle kos. Dankie almal vir julle harde werk!

    (Posted on 2011-05-31 14:09:00 by Bets)
  4. Ek wonder of ons kerk nie dalk die program/lisensie kan koop om die sangboek se woorde met die note te kry nie om op die flitsbord te sit. Ek kom agter dat veral met die nuwe liedjies trek die gemeente sommer weg met 'n ander lied wat hul ken, of dat die gemeente nie die regte lettergreep by die regte note sing nie. Daar is baie mense wat nie kan note lees nie, maar as hul sien die note gaan af, dan weet hul hul moet ook afgaan. Dis maar net 'n voorstel. Dit is seker duurder maar ek dink regtig dit sal ons samesang bevorder. Die foto's van die verskillende aksies is te pragtig, en ek moet sê - ek kan nie wag om oud te word nie want dit lyk my dit is die oues van dae wat die meeste gees het!!!

    (Posted on 2011-05-24 06:36:00 by Dinah)
  5. Dankie Hein. Ek stem volkome saam. Renate kan nogal besondere uitvoerings lewer.

    (Posted on 2011-05-16 16:28:00 by ngsuid)
  6. Hi Anja, Ek is so bly daar is darm iemand wat nog op die web tuiste kuier.
    Lekker werk. As die ander terugkom, dan gaan ons wat nou werk, met laaaaang verlof!!

    (Posted on 2011-04-13 09:53:00 by Bets)
  7. Hi tannie Bets,
    Ek het ook die vermoede dat almal by die see is. Dit is net 'n paartjies van ons wat by die huis moes bly om te werk. Aan almal wat nie weg is met vakansie nie: "Lekker werk en vasbyt! Ons beurt vir vakansie sal kom..."

    (Posted on 2011-04-07 08:15:00 by Anja)
  8. Is ons nou heeltemal "van lyn af" of is dit nog net ekke wat wil weet wat julle almal te sê het - of het julle niks te sê nie? Is julle almal by die see?

    (Posted on 2011-04-04 14:07:00 by Bets)
  9. Jare gelede het ek 'n vriend gehad met 'n plaasjong met die naam van Petrus. Een Naweek vra Piet (my vriend) vir Petrus om asb vir die hamer aan te gee. Piet wag, en hy wag en hy wag. Later gaan soek hy toe maar vir Petrus. Petrus, waar bly jy met die hamer? Petrus antwoord: Baas, ek soek hom, ek soek hom, ek kry hom - hy's weg!
    Ek soek die afkondigings, ek soek hom ek kry hom hy's weg!!!
    Dalk moet ek minder rondloop en na my eie kerk toe kom dan sal ek hom beslis kry maar ai, ek mis die kinders dan loop ek maar rond!

    (Posted on 2011-03-28 10:39:00 by Bets Janeke)
  10. Ai Tannie Bets het darem net die vermoë om mens te laat goed voel! Eintlik leer ek maar nog van foto's neem.

    (Posted on 2011-02-27 11:01:00 by eon)
  11. Liewe Eon, Ek is BAIE seker JY was die uiters bekwame kameraman! Jy is voorwaar 'n man van vele talente. Sal dat jy my ook eendag afneem - en my familie met die foto beindruk.

    (Posted on 2011-02-24 08:14:00 by Bets)
  12. Ja ek wou dit ook nog bysê Tannie Bets. Almal lyk so vriendelik en gelukkig op die foto's. (Van verlief weet ek nou nie.) Dit egter baie te doen met wie agter die kamera staan ook natuurlik! Hulle het seker vir hom so mooi geglimlag. ;-)

    (Posted on 2011-02-23 10:24:00 by eon)
  13. Mensig, maar julle "val innie tuin" foto's is pragtig! Julle lyk almal dol gelukkig en tevrede. Dis goed om te sien ons gemeentelede is SO gelukkig en steeds "verlief"

    (Posted on 2011-02-21 06:07:00 by Bets)
  14. Hallo Gawe NG-Suid!
    Lyk my julle werskaf nog hard daar in die Vaaldriehoek - sal meer gereeld n draaitjie kom maak by die web en na die gawe fototjies kyk!! xxx

    (Posted on 2011-02-17 11:01:00 by San-Marie van Den Heever)
  15. Hallo Gawe NG-Suid!
    Lyk my julle werskaf nog hard daar in die Vaaldriehoek - sal meer gereeld n draaitjie kom maak by die web en na die gawe fototjies kyk!! xxx

    (Posted on 2011-02-17 11:01:00 by San-Marie van Den Heever)
  16. Hi Renate. Daar was fotos op van die personeelfunksie van laasjaar. Ek dink amper jy was ook op een van die fotos. Ek haal dit egter af na 'n ruk, anders word dit te veel. Ek kan egter vir jou e-pos as jy dit nie gesien het nie en wil hê. Ek kan dink jy hou van die 09:00 diens, jy gaan slaap mos eers in die vroeë oggendure!

    (Posted on 2011-02-17 08:16:00 by eon)
  17. Ek het die Valentynsete-foto's gesien, maar wil weet waar ek nog foto's kan sien.
    Ek is baie bly oor die negeuur eredienstyd.

    (Posted on 2011-02-14 12:40:00 by Renate)
  18. Ek wil ook net graag my mening uitspreek oor die een erediens wat om 09:00 plaasvind en dat dit dalk vir toekomstige besluite of oorwegeings in ag geneem kan word.
    Ek verstaan en neem aan uit die kommentaar dat daar baie tyd en oorweging geneem was om die besluit te neem en dat dit baie mense pas.
    Ongelukkig voel ek al is dit net een erediens, is 09:00 te laat en dan veral die kategese wat eers 10:15 begin. Ek sou verkies dat die een erediens steeds om 08:30 begin en die kategese dan direk daarna. Sodoende kan mens nog tuis kom en 'n Sondag beplan. Dit kan egter nie nou gebeur aangesien die dag verby is teen die tyd dat mens by die huis kom.

    (Posted on 2011-02-07 20:11:00 by Wynand Benade)
  19. Almal wat sien dat die blad nie opgedateer is ten opsigte van datums, preke afkondigings, ens nie, baie jammer, maar iets is fout sodat ek nie op die blad kan kom om dit te redigeer nie. Hopelik is dit net 'n tydelike probleempie en kan dit binnekort opgedateer word.

    (Posted on 2011-02-05 10:31:00 by eon)
  20. Engela - Jammer oor die woorde wat nie op die skerm was in die groot konsistorie nie. Weet nie wat daar fout was nie. Die skerm op die kansel het ook nie gewerk nie. Hopelik sal dit die sondag reg wees. Ek sal spesiaal vir jou loer daar by die "cheapseats". Dit is maar 'n sleg plek om te sit, veral as jy dan nog bietjie agter sit.
    Tannie Bets - Dankie vir die onthou van die kategesetyd. Ek het die eredienstye verander maar toe vergeet van die kategese. Ek doen dit onmiddelik.
    Dankie vir die mooi manier waarop julle my op iets wys. Baie bedagsaam. :-)

    (Posted on 2011-01-20 18:04:00 by eon)
  21. Sommer net 'n ou opmerkintjie. Dalk moet ons die erediens en kategeseskooltye op die webblad aanpas. 'Skuus Eon. Ek weet hoe besig jy is. Gelukkig sal almal wat jou fantastiese preek Sondag gehoor het, weet ons begin nou 9 uur en nie half nege nie. EN dat die Kategese kwart oor 10 begin.

    (Posted on 2011-01-17 12:35:00 by Bets)
  22. Hi, sommer net 'n paar opmerkings......die fotos van ons kerk en die terrein op die tuisblad is baie oulik en goed gedoen.
    Dankie tog vir die 9h00 diens!!! Was net laat hierdie eerste sondag en ek dink daar moet beslis nou meer aandag gegee word om vir die laatkommers wat in die saal beland ook deel van die erediens te laat voel....ons kon nie sing.....want geen woorde op skerm....en ai dominee kyk af en toe na regs:-) Ek weet daar is 'n maklike oplossing....wees betyds!!!
    Sterkte vir al ons predikante en kantoorpersoneel vir die nuwe jaar met al sy probleme en uitdagings.

    (Posted on 2011-01-17 07:52:00 by Engela)
  23. Die later tyd in die oggend pas ook diegene met klein kindertjies - veral in die winter en aangesien ek nou ou kant toe staan sal dit my ook weldrae beter pas. Nogtans aan die leraars, Baie dankie vir al die ure se werk wat julle in die preke insit. Dit word min gesê, MAAR baie waardeer!

    (Posted on 2011-01-12 11:48:00 by Bets)
  24. Hallo Frans
    Dankie vir jou vraag oor die oggenddiens se tyd wat van 8:30 na 9:00 verskuif vanaf 2011. Dis dalk goed dat jy dit vra, want daar is dalk meer mense wat dit sou wou vra.

    Die tweede diens het 'n klompie mense goed gepas omdat hulle nie altyd so vroeg gereed kon wees vir die 8:30 diens nie. Sommige weens werksomstandighede, ander is bejaard en selfs gestremd wat maak dat hulle langer neem om reg te maak vir die erediens. Om hulle te probeer akkommodeer het die kerkraad goed gedink om dan die een oggenddiens, 'n halfuur later te maak.

    Dit is dus maar 'n poging om soveel as moontlik mense se behoeftes te probeer akkommodeer. Ons het egter al gesien as mens praat oor 'n tyd of 'n datum in die kerk, is dit onmoontlik om 'n tyd of datum te kry wat almal in die gemeente altyd sal pas. Maar ons probeer darem om die grootste moontlike meerderheid te akkommodeer.

    Voordat ons twee eredienste gehad het, was die tyd ook 9:00 gewees en dit het geblyk asof dit die beste tyd was, wat die meeste mense sou pas.

    Hoop my antwoord maak sin.

    Groete daar. Eon

    (Posted on 2010-12-17 08:51:00 by Eon Coetzee)
  25. Goeie dag almal,

    Ek wil net graag my pennie in die armbeurs gooi aangaande die kerkdiens tye. Dit pas my gladnie. Ek kan die rede verstaan om slegs een oggend diens te he maar hoekom moet die "eerste" diens dan later begin? Dit maak nie sin

    (Posted on 2010-12-15 09:36:00 by Frans Labuschagne)
  26. Goeiedag almal!

    Dis heerlik om met my kerk gekonnekteer te wees as ek 'n Sondag nie in die kerk was nie. Net vir interessantheid: die ouens/vrouens wat nie kan leestekens maak nie- vir ê - druk alt (hou dit in) en dan 136 en vir ë: alt 137. Speel sommer met 'n paar syfers rondom 136 en 137 om verdere leestekens te kry- maar hierdie is die belangrikste. Dinah

    (Posted on 2010-12-01 05:59:00 by dinahlouw)
  27. ek dink die web blad is cool.

    vernaam dat ons preke kan print van web af
    ek is baie in en uit hospitale of werk by winkels op sondae
    ek kan net met n paar clicks die preek kry
    baie dankie

    groete
    lewis

    (Posted on 2010-11-19 09:48:00 by lewis)
  28. Belydenisklasaflegging

    Baie geluk aan elkeen van julle wat Sondagaand belydenis van geloof afgelê het. Mag julle elkeen ELKE dag God se liefde en genade ervaar en mag julle geloof van krag tot krag gaan.
    Sterkte vir die toekoms!!!
    Tannie Bets

    (Posted on 2010-11-15 05:18:00 by Bets)
  29. Ds Tiaan, jou preek van Sondagoggend was VOORTREFLIK. Well done!

    (Posted on 2010-11-15 05:16:00 by Bets)
  30. Ek wil saam met oom Oubaas stem dat Martin Pretorius se praatjie oor dwelms baie insiggewend was en ek dink ons moet volgende jaar weer so 'n geleentheid reel en dit is die wens van my hart dat baie meer ouers dit sal bywoon. Wel, dis nou eers vir volgende jaar. Terug by hierdie jaar... daar is nog 'n geleentheid wat ek graag net onder almal se aandag wil bring.

    Ons beplan 'n kategese gesinspiekniek by Esabel en Kerneels Olivier op Saterdag, 20 November. Ons sal almal saam vertrek vanaf die Kerk om 10:00 na Esabel en Kerneels se woning te Mantevrede 130. Almal is baie welkom om saam te kom piekniek hou!!! Worsbroodjies en slaaie sal voorsien word. Elke gesin moet net hulle eie eetgerei, drinkgoed en piekniek kombers saam bring. Laat weet my asseblief voor of op Donderdag, 18 November by 076 041 5859 indien julle wil saamgaan, sodat ons voorsiening kan maak.

    Kom ons maak dit 'n spanpoging en hou lekker saam piekniek soos wat net NG Suid kan! Hoop om julle almal daar te sien...

    (Posted on 2010-11-13 16:59:00 by Anja)
  31. Ek wil saam met oom Oubaas stem dat Martin Pretorius se praatjie oor dwelms baie insiggewend was en ek dink ons moet volgende jaar weer so 'n geleentheid reel en dit is die wens van my hart dat baie meer ouers dit sal bywoon. Wel, dis nou eers vir volgende jaar. Terug by hierdie jaar... daar is nog 'n geleentheid wat ek graag net onder almal se aandag wil bring.

    Ons beplan 'n kategese gesinspiekniek by Esabel en Kerneels Olivier op Saterdag, 20 November. Ons sal almal saam vertrek vanaf die Kerk om 10:00 na Esabel en Kerneels se woning te Mantevrede 130. Almal is baie welkom om saam te kom piekniek hou!!! Worsbroodjies en slaaie sal voorsien word. Elke gesin moet net hulle eie eetgerei, drinkgoed en piekniek kombers saam bring. Laat weet my asseblief voor of op Donderdag, 18 November by 076 041 5859 indien julle wil saamgaan, sodat ons voorsiening kan maak.

    Kom ons maak dit 'n spanpoging en hou lekker saam piekniek soos wat net NG Suid kan! Hoop om julle almal daar te sien...

    (Posted on 2010-11-13 16:59:00 by Anja)
  32. Ek wil graag 'n beroep doen op gemeentelede wat dalk 'n paar uur kan afstaan op Woensdag 17 November, om ons te kom help met die kospakkie-uitdeeldag. Ons het veral mense nodig wat kans sien om 'n pakkie of twee te help aflewer by mense wat nie vervoer na die kerk het nie.(Baie van ons normale helpers, is op vakansie of het ander werksverpligtinge wat maak dat hulle ons nie meer kan bystaan nie). Pakkies kan ook na-ure afgelewer word. Kontak gerus vir Stephen as u kans sien om ons te help. 083 262 2709.

    (Posted on 2010-11-11 21:17:00 by Oubaas)
  33. Sondag se praatjie oor dwelms, deur Martin Pretorius, was regtig baie insiggewend/leersaam en 'n groot "eye opener". Ek is net jammer dat so min ouers dit bygewoon het. Dwelms is werklik 'n groot probleem, veral onder skoolkinders. Dit is nie kieskeurig nie. Dit beinvloed mense oor 'n wye spektrum: Blank, nie-blank, ryk, arm, jonk, oud,ens. Dit gaan dus my verstand te bowe, dat so min mense nie belangstel om meer daaroor te leer nie. Stel hulle net nie belang nie? Of dink almal:"My kind sal nooit so iets doen nie." Ek dink ouers is baie naief as hulle so dink. Martin het ook oor verslawing aan alkohol gepraat, en veral hoe kinders agv groepsdruk daarin vasgevang word. Ek dink ons moet hom regtig weer nooi en 'n beroep doen op ouers om te kom luister.(Statistieke toon dat kinders deesdae van so jonk as 9 jaar oud begin eksperimenteer met alkohol). Skrikwekkend. Ns. Martin is 'n lid van die S.A.P.S. wat betrokke is met ondersoeke na verslawings, veral dwelms en ook satanistiese bedrywighede in die Vaaldriehoek.

    (Posted on 2010-11-11 21:12:00 by Oubaas)
  34. Welkom agent 2905. Ook bekend as Renate Lenz, die orrelis. Baie bly jy het ook uiteindelik hier ingeloer! Jy vra my bietjie vas oor of mens opmerkings kan laai vanaf 'n selfoon. Ek weet met 'n blackberry selfoon kan jy die webblad lees en ek neem aan seker 'n opmerking ook skryf. Ek weet nie of daar iets van die webblad se kant gedoen kan word nie.Sal uitvind. Miskien moet jou selfoon opgegradeer word. (-:

    (Posted on 2010-11-10 13:15:00 by eon)
  35. Is dit nie moontlik om die webbladsy volledig toeganklik vanaf 'n selfoon te maak nie? Bv ek kan nie comments add vanaf my selfoon nie, net vanaf 'n regte rekenaar.

    (Posted on 2010-11-10 09:38:00 by 2905)
  36. Goeiemore

    Wil net sê ek is nou ook hier. Die webblad lyk baie mooi.

    (Posted on 2010-11-10 09:36:00 by 2905)
  37. Dis 'n lekker prys om te wen, al weet ek dat ek iewers aan die verloorkant is sal ek maar die minste wees (soos altyd). Die agbare lid webbladmeester sal die voorreg he (ek kan nie kappies op die e's maak nie) om saam met die uwe amptelik te Mug dalk later die week of vroeg in volgende week (sal vroegtydig laat weet - is in Pretoria vanaf Dinsdag).

    Laat regverdigheid seevier (kan nie kolletjies op die e's maak nie)....soos die Romeinse spreekwoord dit stel, "elke webbladmeester kry sy dag" en in die volksmond "elke brakkie kry sy daggie".

    Meer ernstig - ek verstaan dat die Engels nie prioriteit is nie, ons moet net onthou dat die blad "publiek" is en dat nie net ons lidmate "lesers" is nie. Natuurlik hou dit groot werk in om alles te vertaal ens., was maar net 'n voorstel om in die toekoms aan te dink.

    Bietjie heuningkwas vir ds Eon - die preek van Sondag was puik, so ook 'n eerlike mening vanaf mevrou Brits (die vrou met wie ek wettig in die eg verbind is, moeder van my twee boompies van die Lebanon). As die agbare vrou die dag komplemente rondslinger moet mens dit ernstig opneem, so baie dankie vir 'n "mooi" boodskap wat gepas was vir die geleentheid (doop), maar ook vir elkeen van ons wat die belofte ook gemaak het/ die belofte eendag ontvang het - sommer almal wat medepligtiges is van die doopbelofte.

    Voor ek weer 'n "prys" wen sal ek eerder skryf tot sover (hierdie het ek met my eie hand geskryf - ...).

    (Posted on 2010-11-08 14:30:00 by hansb)
  38. Philly,
    Ek het gou Aksie 50 se 'ou' datums verwyder - dis darem iets wat ek kan doen - nou nie juis 'n bydrae nie ... maar darem !

    (Posted on 2010-11-06 17:56:00 by Estè du Plooy)
  39. Die blad "groei" nog steeds mooi. Iemand spandeer beslis baie tyd hieraan. Dankie...?

    Ek kan nog steeds nie "prente / vorms/ mooi agtergrond, ens. " laai nie - sal later weer probeer - daar moet 'n 'maklike' manier wees - dit verskil net beslis BAIE van al die ander 'rekenaar-maniere- wat ek ken ... ?

    (Posted on 2010-11-06 17:53:00 by Estè du Plooy)
  40. Hallo Hans,
    Jy hoef nie bekommerd te wees oor Jans se idee van 'n "lekker ker" nie. Ek is seker met genade, jou liefde en kennis sal hy weldra tot die besef kom, 'n mens kan van brood alleen nie leef nie ........... Dis nie daai tipe kos wat die kerk lekker maak nie (alhoewel dit al baie gehelp het). Ek stem saam met Eon, kom ons hou maar eers by die Afrikaans. Is daar al ander taliges wat ons webwerf besoek?
    Ek kan ongelukkig nie by julle spreekgroep aansluit nie - ek dink ek is hopeloos te dom daarvoor. Maar sterkte vir julle. Ek waardeer en geniet julle geloof en julle kennis!

    (Posted on 2010-11-05 05:22:00 by Bets)
  41. Hallo Hans.
    Ai dat ons leierouderling ons nou so in die skande steek. Hoop nie hulle weet van watter gemeente jy kom nie!
    Dankie vir jou lang brief. Jy kry die prys vir langste brief sover. Baie geluk! Jou prys is dat jy die hoofwebbladbeampte (dis nou ek) mag uitneem vir neem koffie (op eie onkoste).
    Dankie vir jou positiewe bydra, Ons waardeer dit. Wat die preekbladsy aanbetref sal ons bietjie kyk of ons dit in tabelvorm kan rankskik. Ek het nogal gedink as dit begin baie word, sal dit dalk anders uiteengesit moet word.
    Ons het in gedagte om dit ook met klang beskikbaar te stel. Ons kort dan 'n goeie stemopnemer, wat ons eers sal moet aanskaf. Maar dit is deel van die langtermynbeplanning
    .'n Preekwerkgroep sal wonderlik wees. Dink ook al lankal aan die idee. Dalk iemand wat sal belangstel?

    Of dit net Afrikaans gaan wees? Ek dink so op die stadium. Weet nie of daar 'n behoefte is vir 'n ander taal nie? Of sukkel jy met die afrikaans? :-)

    Groetnis vir eers

    (Posted on 2010-11-04 17:18:00 by eon)
  42. Betsie - jy is nie alleen nie, ek was ook afwesig en sou graag vir Prof Nel wou hoor - maar hoor hier, ek moes preek by 'n ander gemeente op Hervormingsondag en vir die eerste keer wil ek preek sonder om 'n Bybel saam te vat (HERVORMINGsondag) - toe hoor ek hoe Martin Luther se bene in sy graf omrol... gelukkig was daar 'n ou kanselbybel wat iewers diep weggebere was terwyl gewillige lidmate hulle eie Bybels wou afstaan - die volgende verleentheid was Sondagaand - ons was by Sasolburg Gereformeerde Kerk se Hervormingsondag feesdiens en dit was 'n belewenis. Die kerk het behoorlik uit sy nate gebars. Na die verrigtinge in die kerk het almal ietsie te ete gekry in die saal, terwyl die dominee met my gesels sit Jans met 'n volgelaaide bordjie en se kliphard "Hierdie is nou 'n lekker kerk" (vir die verkeerde rede natuurlik). Hulle reken toe dat hy nie op grond van 'n rede met 'n verskuilde agenda 'n dopper kan word nie, "lekker kerk of te not".

    (Posted on 2010-11-03 05:49:00 by hansb)
  43. Baie dankie vir die afkondigings - julle is regtig flink! En nou weet almal ek was nie Sondag in die kerk nie, nè? Dankie vir hierdie wonderlike webblad waar jy ingelig kan bly en sommer kan kuier ook.
    Groete aan julle elkeen.

    (Posted on 2010-11-03 04:50:00 by Bets)
  44. Baie geluk aan die span wat aan die webtuiste gewerk het, ons kan regtig daarop trots wees. Dit is baie professioneel gedoen en ek hou veral van die foto's - ek het in die begin gewonder of mens nie 'n ander foto moes geplaas het nie net om toe te ervaar hoe die een foto met 'n volgende opgevolg word. Ek vind die inligting ook relevant en volledig, ek het al by ander gemeentes op die web gekuier en soms soek mens meer inligting bv van 'n predikant of so - en kyk maar self, dis nie alle gemeentes wat hierdie inligting verstrek nie. Miskien sou ek die preke bladsy meer gestruktureerd wou sien, dalk miskien net in tabel formaat met die datum van die preek, tema, teks, ens. Maar dit is net 'n voorstel - ek vind dit redelik maklik om toegang te vind tot die preke. Wat doen julle tov besoekende predikers se preke bv die van Prof Malan Nel en die ander groot kalibers wat julle uitgenooi het? Miskien moet ons hulle vra om ook hul preke beskikbaar te stel - al is dit net kort preeknotas. Gaan ons op 'n stadium oorweeg om dit op klank beskikbaar te stel? Wat van 'n preekwerkgroep wat deur middel van die geselskamer (wat tydelik gesneuwel het) idees kan wissel 'n week voordat 'n preek gemaak word - al doen mens dit nie met alle preke nie. Dalk kan dit die prediker help om makliker te beweeg in die preekmaakproses van die konteks na die teks en terug? Dit kan dalk gedoen word wanneer oor kontroversiele temas gepreek word of as mens die wereld van die lidmaat wil betree...dalk slaan ek die bal mis met hierdie een.

    Ek dink die blad is nie net spoggerig nie (bemark ons gemeente as dit die regte woord is), dit is lekker interaktief, dit verskaf aan lidmate en "besoekers" genoeg inligting, dit is 'n goeie kommunikasie middel vir die dag, ek dink ook dat dit 'n gevoel van betrokkenheid bevorder onder gemeentelede (elkeen kan sy opinie lig, saam praat, advies gee, deel vorm van die Liggaam, ens).

    Gaan ons die blad net in Afrikaans hou?

    Wat van nuus bv oor ons sendingaksies - of het ek dit dalk misgelees?

    Groetnis

    Hans

    (Posted on 2010-11-02 16:17:00 by Hans Brits)
  45. Skies Tannie Bets. Was bietjie laat met die afkondigings. Maar dit is nou daar. Die preek van Sondag glo ek nie gaan ons in die hande kry nie. Dit was Prof. Malan Nel se preek en lyk my dit is nie mooi uigetik nie.

    (Posted on 2010-11-02 14:14:00 by ngsuid)
  46. Agge nee, Ek soek Sondag se afkondigings en die preek en dis nie hier nie!
    Ek jaag julle nie aan nie, ek wil net hê julle moet weet ek kyk wat hier alles aangaan.
    Bets

    (Posted on 2010-11-02 13:20:00 by Bets)
  47. Ons het Sondagaand (7 November) ons laaste Jeugdiens vir die jaar en ek wil graag almal wat jonk van gees is uitnooi om die Jeugdiens te kom bywoon. Die Jeugdiens begin om 18:30 en na die tyd kuier ons lekker saam in die Kerksaal. Daar sal lekker koffie/tee en koek wees! Ek wonder of oom Oubaas ook Jeugdiens toe gaan kom...?

    (Posted on 2010-11-01 18:48:00 by Anja)
  48. Ons gaan blykbaar hierdie naweek saam op die graad 10 Belydenisklas-kamp, wat ds.Tiaan aanbied. Ek kan nie wag nie. (Hy lag baie meer tydens sy aanbiedings op kampe. Seker maar omdat daar nie mense is wat die heeltyd alles evalueer wat hy kwytraak nie).

    (Posted on 2010-10-19 19:40:00 by Oubaas)
  49. Ek stem saam met Oom Philly. Ds. Tiaan se preke word by die dag net beter en ja, ek hoop ook dit sal op die web verskyn.

    (Posted on 2010-10-19 19:35:00 by Oubaas)
  50. Sondag se preek van Ds. Tiaan was uitstekend en ek sal dit graag op die web wou sien!

    (Posted on 2010-10-08 20:47:00 by Philly)
  51. Jy mag nie hierdie bladsy verlaat voordat jy nie ietsie geskryf het nie.

    (Posted on 2010-10-07 06:00:00 by Eon)
  52. Dit lyk my die opmerkings droog bietjie op hier. Wat gaan aan? (Is almal te besig, of te lui?)

    (Posted on 2010-10-06 03:53:00 by Oubaas)
  53. RUDI
    jy het n rukkie gelede n boodskap gehad oor die vrug van die gees gal 5 . indien moontlik dit op die web te laai . dankie vir jou boodskap sondag , dit laat ons dink en hoe baie ons faal elke dag in ons optredes

    (Posted on 2010-09-22 08:52:00 by vincent)
  54. Hi Vincent !

    Dankie vir jou omskrywing. Dis deeglik en ek voel dieselfde daaroor.

    (Posted on 2010-09-19 10:26:00 by radup)
  55. more oom oubaas
    volgens wat jy se lei ek af dat JESUS ook selfbeheersing verloor het "velore selfbeheersing"
    laat weet my asb
    geniet die dag

    (Posted on 2010-09-17 07:48:00 by vincent)
  56. Ek sien oubaas se spelling verbeter by die dag. Ek dink sy dogter help hom. Hopelik het sy hom al vergewe vir sy gebrekkige selfbeheersing. Mens het altyd iets oom voor dankbaar te wees. Ons kon ook sulke bieghokkies gehad het by die kerk. (Sien oubaas se grappie).

    Weet iemand al wie is oubaas?

    (Posted on 2010-09-17 06:21:00 by eon)
  57. Met erkenning aan Tannie Bets Janneke vir die grappie.
    Die seuntjie kuier by sy ouma en die wil hom leer om meer groente te eet. Sy begin met Broccoli. Sy vertel hom dis eintlik 'n boompie en baie gesond. Hy begin eet aan die boompie, maar kou al stadiger en die oë word al groter. Die ouma staan gou op om iets in die kombuis te gaan doen. Terwyl sy weg is, krap hy al sy rys bymekaar en maak sy Broccoli boompie staan in die middel van die rys. Toe sy ouma terugkom sê hy: "Ouma, hierdie is die paradys en daardie boompie in die middel is die boom waarvan God gesê het, ons nie van mag eet nie."

    (Posted on 2010-09-17 06:14:00 by eon)
  58. Aan Eon.
    Dankie vir die kompliment: "Frisserig". Mamma sou dit nou anders gestel het, maar ek hou regtig baie meer van jou beskrywing. Jy moet net stadig met die komplimente, netnou kry ek dalk 'n paar bewonderaars hier in die gemeente. (Ek's seker Tannie Este wonder al klaar wie hierdie misterieuse man is).

    (Posted on 2010-09-16 20:38:00 by oubaas)
  59. Die dronk Katoliek sit in biegkas (confession). Na 'n lang stilte klop die priester om sy aandag te trek. "Jy klop verniet!" Skree die dronkie terug."Hier's ook nie toiletpapier die kant nie!"

    (Posted on 2010-09-16 20:32:00 by oubaas)
  60. MORE RUDOLPH

    BAIE DANKIE VIR JOU PREEK SONDAG .
    MY OPINIE AANGAANDE JESUS SE SELFBEHEERSING .

    VOLGENS MY HET JESUS NIE SY SELFBEHEERSING VERLOOR NIE .

    JESUS HET SAAM MET SY OUERS ELKE JAAR NA DIE TEMPEL TOE GEGAAN EN OP 12 JARIGE OUDERDOM WAS DIE SKRIFGELEERDES VERSTOM OOR SY KENNIS VAN DIE WOORD . AS KIND WAS DIE TEMPEL N PLEK VAN GEBED VIR HOM EN SY OUERS .

    TOE JESUS SIEN DAT DAAR HANDEL GEDRYWE WORD IN DIE TEMPEL WAS HY ONTSTELD . DIE MENSE HET GEEN RESPEK BETOON TEENOOR DIE TEMPEL EN PLEK VAN AANBIDDING .
    HOE KAN JESUS DAN SY SELFBEHEERSING VERLOOR AS HY NET DAARNA BLINDES EN KREUPELES GENEES . SELF DIE KINDERS HET DAN UITGEROEP
    PRYS DIE SEUN VAN DAWID . DIE KINDERS HET NIE VEEL GEWEET NIE , MAAR UIT N KIND SE OE SIEN HULLE N MAN WAT LIEFDE BETOON EN NIE SELFBEHEERSING VERLOOR NIE . JESUS SE OE STRAAL LIEFDE UIT .

    JOU PREEK GEE SELF OOK DIE ANTWOORD : OM SELFBEHEERSD DEUR DIE LEWE TE GAAN BETEKEN DAT JOU GEDRAG EN OPTREDE , WOORDE , EN LIGGAAMSTAAL NIE DEUR JOU EMOSIES WISSELVALIG HANTEER WORD NIE , MAAR DAT JY N BESLUIT SAL NEEM OM OP TE TREE SODAT DIE EER VAN GOD EERSTE GESTEL MOET WORD EN SOWEL AS DIE BELANGE VAN MY NAASTE .

    WAT IN MAT 21 GEBEUR IS PRESIES WAT JESUS GEDOEN HET . GOD SE BELANGE OP SY HART GEDRA DEUR SY OPTREDE .
    JESUS HET VOLLE BEHEER GEHAD OOR SY EMOSIES EN LIGGAAMSTAAL . ( DIE KINDERS SIEN SY LIGGAAMSTAAL RAAK )
    HY HET DIE BELANGE VAN SY NAASTE OP SY HART GEDRA DEUR DIE BLINDES EN KREUPELES TE GENEES .

    GROETE

    VINCENT

    (Posted on 2010-09-16 07:07:00 by vincent)
  61. Miskien kan julle 'n programmetjie installeer wat my spelfoute kan regmaak?

    (Posted on 2010-09-15 20:00:00 by oubaas)
  62. Nou ja, ek is ook nou op julle blad, so nou moet julle watch wat julle hier sê. Hiehie. Baie geluk aan al die betrokke partye wat hierdie bled help ontwikkel het en dit in stand jou. Dit lyk puik en selfs ek kon uitfigure hoe alles werk. Ek dink dit gaan regtig ons gemeente op die map sit. (Bedoelende, baie mense daar buite gaan sien dat hier 'n agtermekaar gemeente in Vanderbijl is).

    (Posted on 2010-09-15 19:58:00 by oubaas)
  63. Ds Eon,
    Die informasie van Renate is nie korrek nie - sy het in Januarie (?) begin speel - Die kantoor sal seker die korrekte datums hê - ek weet nie van watter datum haar aanstelling is nie maar ek het tot in Des. van die vorige jaar gespeel. Groetnis

    (Posted on 2010-09-14 15:27:00 by Estè du Plooy)