ONS PREDIKANTE

Ds. Eon is gebore op 3 September 1962 in Roodepoort. Hy voltooi sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria in 1991. In 1992 word hy na die NG Gemeente Vrede-Wes in die Vrystaat beroep. In 1999 word hy na ons gemeente beroep en op 1 Mei dieselfde jaar word hy hier bevestig.

Ds. Eon is getroud met Leana, 'n onderwyseres, en het drie seuns uit 'n vorige huwelik, Stephan, Rohan en Dian.

Hulle woon in Beethovenstraat 7A

Ds. Rudolph is op 8ste Junie 1973 gebore in Pretoria. Hy matrikuleer in 1991 aan die Hoërskool Overkruin. Hy voltooi sy studies aan die Universiteit van Pretoria in 1998 en word in die daaropvolgende jaar, in 1999 beroep na ons gemeente. Hy is bevestig op 15 Januarie 2000. Ds Rudolph is getroud met Marli en hulle het twee dogters, Ane en Janicka en hulle bly in Chopinstraat 50

Ds. Mostert is op 6 April 1983 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool Potchefstroom. Sy teologiese studies voltooi hy aan die Universiteit van die Vrystaat in 2007. In 2008 word hy na ons gemeente toe beroep en in op 1 Augustus 2008 word hy bevestig.

Ds. Tiaan is nog ongetroud.

Hy woon in Rembrantstraat 2

Eon 22

Ds. Eon Coetzee

Rudolph 22

Ds. Rudolph du Plooy

Tiaan 22

Ds. Tiaan Mostert