"Laat u koninkryk in en deur ons gemeente kom"
Die sendingaksie van ons gemeente speel die volgende rol om die gemeente te begelei om die groot opdrag van Jesus uit te voer:
1. GELOOFSOFFERBELOFTE
Sedert 1998 het ons jaarliks, rondom Maart, 'n fondsinsamelingsgeleentheid wat tydens die Sondag se eredienste plaasvind. Mens vul vormpies in, waarmee hulle hulself verbind om 'n bepaalde bydrae te maak spesifiek vir sending. Die geld word dan gebruik om 'n aantal sendelinge te onderhou, Bybels te versprei, kort uitreike aan te pak, bouwerke en talle ander maniere waarop die Evangelie versprei word. In 1998 toe die geloofsbelofteoffer vir die eerste keer ingestel is het ons 'n bedrag ingekry van R182 000. Hierdie jaar werk ons op 'n begroting van R350 000.
2. UITREIKPROJEKTE
Van die bouprojekte waarby ons betrokke was die afgelope jare was onder andere 'n Bybelskoop wat ons gebou het in Malawi vir die Sola Scriptura Bybelkollege. Ons het ook in Orange Farms, suid van Johannesburg, gehelp om 'n kerk te bou.
3. FINANSIëLE ONDERSTEUNING
Ons is tans in die bevoorregte posisie om 8 sendelinge en hulle gesinne te kan ondersteun. Ons ondersteun ook 'n teologiese student en wil graag ook weer jongmense ondersteun wat 'n Diensjaar vir Christus wil doen.
4. GEBEDSONDERSTEUNING
Elke sendeling het ook 'n sendelingsvoog in ons gemeente. Die voog moet gedurig kontak hou met die sendeling en sy gesien, voorbidding doen en ook inligting deurgee na die gemeente. In ons nusbrief, Die Padkos, verskyn gereeld briewe en inligting oor ons sendelinge.
ERASMUS
Peet is die stigter en ontwikkelaar van Bybelkolleges in Malawi, Kenia en Mosambiek.
Voog: Alf en Charlene Peters
2. Ds. MARUIS EN AMANDA
STORM
Nederlandse Kinderaksie. Bly in Appeldoorn in Nederland
3. Ds. KOOS BEUKES
Evangelis in Noord en Oos Transvaal
4. Ds. CHRIS EN STERNA
VISSER
Betrokke by World Thrust en ook by die Petra kollege in Witrivier.
5. Ds. KRUGER EN
ANTOINETTE DU PREEZ
Dosent by die Hefsiba Bybelkollege in Mosambiek.
6. NEL CLAASEN
Betrokke by die organisasie Woord vir die Wêreld wat Bybelvertalingprojekte regoor Afrika en Indië aanpak.
7. HEIDI BOOYSEN
Betrokke by 13th floor wat werk met die jeug.
8. DRIES EN ILSE VAN
JAARSVELD
Sendelinge in Botswana onder die Boesmanbevolking.
9. GERRIE EN ARLENE
COETZEE
Vanaf 2011 ons nuutste sendelinge wat werk in Portugal.
KONTAKPERSONE
ALF PETERS
0845093193
DS.EON COETZEE
0829271713
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.