"Laat u koninkryk in en deur ons gemeente kom"
Die vrolike vlinders is 'n baie besondere aksie in ons gemeente. Dit is gebore uit 'n behoefte wat 'n klompie vrouens gehad het na die afsterwe van hulle mans. Baie keer bevind 'n weduwee haarself in 'n situasie waar sy met baie verskillende emosies en vrae worstel. Hierdie aksie het dan ten doel om met mekaar daaroor te gesels, mekaar te bemoedig en mekaar se laste te dra. Die woord "vlinder" in die naam wil juis vertel van 'n nuwe fase in hulle lewe, maar dan ook 'n fase wat nie net hartseer behels nie, maar dat dit ook vreugde en vrolikheid kan inhou.
Die aksie kom elke derde Dinsdag van die maand, om 10:30 bymekaar by die kerk. Soms kry hulle 'n spreker en soms kuier, eet en lag hulle net lekker saam. Ander kere gaan hulle weer op 'n uitstappie of waarvoor hulle ook al lus is.
Alle weduwees is baie welkom by die besondere groep!
You are viewing the text version of this site.
To view the full version please install the Adobe Flash Player and ensure your web browser has JavaScript enabled.
Need help? check the requirements page.